AFFIES MARATHON KLUB







 Opsies
 Ek wil iets sê, en ek gaan dit sê...

As jy 'n behoefte het om iets te sê, sê dit hier. As jou anderhelfte jou nie 'n beurt gee om te praat nie, wel hier is jou kans.


Jy moet eers inteken voordat jy iets kan sê.


Wat ander sê (slegs 10 vorige geselsies...)

  • ilse sê : Hi is daar nog klub runs? Wat is die reelings? Ek hoor daar word smse uitgestuur, maar ek het erens van die lys afgeval

  • renierw sê : baie geluk aan Fancois en Odette wat 'n baba dogtertjie ryker geword het...baie baie geluk en hoop sy bring vir julle net vreugde !!

  • renierw sê : hallo almal, die gazebo gaan nie by die wedloop wees more nie, sien julle nogsteeds daar vir 'n lekker draffie..

  • renierw sê : ek wil weer bietjie fotos oplaai...as julle enige fotos met ons wil deel, e-mail dit na welgemoedr@gmail.com en ek sal dit oplaai!

  • FM sê : FrancoisM sê: Hallo almal. Daar is die Sat 5/06 'n 10k wedloop by die Swartkop Lugmagbasis op aanloopbaan. Pick 'n Pay Rotary Club begin 6h30. Inskrywings vanaf 5h00. Clive 083 400 6960. Daar is ook 'n Lugskou later die dag. Sien jul daar

  • Johan sê : Ek het te besig geraak en vergeet om dit uit te stuur. Jammer Francois

  • Francois sê : As gevolg van die sokker moet die tyd toets verskuif. Vanaf 2 Junie tot en met 7 Julie sal ons by Phobians bymekaar kom. Dit is net agter Lynnpark slaghuis, naby Menlo Park. Sien julle daar 17h30 elke Woensdag.

  • Odette sê : Baie geluk aan al 15 ons Comrades finishers. Ons spog met 4 Bill Rowans (sub 9h); 7 brons (9-11h) en 4 Vic Clapham (sub 12h) medaljes. 6 Novices het hulle eerste race gehol en 2 atlete het unieke "Down-Down" medaljes verower. Dit is slegs beskore vir die wat in 2009 novice hardlopers was en die wedloop weer die jaar voltooi het. Wat die medalje so uniek maak, is dat die wedloop tradisioneel een jaar op en die opeenvolgende jaar af gehardloop word. Beide die 2009 en 2010 wedlope was "af" wedlope. Daarom die medalje wat Allison en Albert verwerf het: 'n "back to back "down" medalje. Pragtig! Ons spog verder met 'n hoogste klassifikasie in die vroue wedloop 204de vrou (uit 3201) en in die mans 1116de (uit 11395). Dit was ook die formele inwyding van ons nuwe klub hardloophemp. Die atlete het al te spoggerig gelyk. Affies, julle maak ons trots!

  • renierw sê : Sterkte aan al die Comrades mense. Hoop julle het 'n great wedloop. Daar gaan baie van julle en ek weet almal sal dit maak. Sien julle daar, veilig ry en onthou "Iron man is a super hero, Iron woman is a command" :)

  • Henriette sê : Hi Francois / Renier, Julle sal onthou julle het my en Deon 'n saamrygeleentheid aangebied Pietmaritzburg toe Saterdag middag. Weens 'n vreeslike lastige ITB gaan ek Comrades uitsit en sal dus self met ons kar PMB toe ry. Dankie vir julle bereidwilligheid om te help. Ons kan help met 'n saamrygeleentheid indien iemand nog van Dbn wil PMB toe gaan Saterdag middag. Groete, Henriette

Lede Aanteken

Aanteken Naam:
Wagwoord:
   

  

Ek het my wagwoord vergeet, sms dit vir my.


Aantal lede (Jan 2010): 120

Nuutste aanlyn lid: Coert Erasmus

Volgende wedlope